Gaan na inhoud

Ons missie is om mense te help om die Bybel as ’n verenigde verhaal wat na Jesus lei, te ervaar.

Video's

Verken ons animasievideo’s wat sleuteltemas en boeke van die Bybel ondersoek. Kyk na hulpbronne uit ons video’s, laai dit af of stoor dit.

Wie is BibleProject

’n Collage van die BibleProject-span: ’n personeelbyeenkoms, ’n kunstenaar wat skets, ’n videoproduksiestel, en stigters Tim Mackie en Jon Collins.

BibleProject is ‘n nie-winsgewende organisasie wat deur vrywillige bydraes befonds word en in die VSA gebaseer is. Ons skep hulpbronne wat mense help om die Bybel te beleef as een, verenigde verhaal wat lei na Jesus. Ons doelwit is om komplekse bybelse idees duidelik en toeganklik te maak vir mense wat gretig is om meer te leer oor die Bybel. Ons skep alles met die wêreldwye kerk in gedagte en alhoewel ons kundiges uit verskillende Christelike tradisies kom, is hulle verenig in hulle toewyding om so veel as moontlik mense te help om die algehele storie van die Bybel te beleef.

Ons verhaal begin in 2014, toe ou vriende, dr. Tim Mackie en Jon Collins Bybelse onderrig en visuele storievertelling gekombineer het om gratis video’s in Engels te skep wat mense kon help om die Bybel te verstaan. Sedertdien het BibleProject ontwikkel tot ’n organisasie van meer as 140 mense. Met die ondersteuning van anderstalige sprekers en spanne van regoor die wêreld het BibleProject reeds duisende video’s in meer as 50 tale en dialekte vrygestel. Jy kan hier meer leer oor ons benadering tot die Skrif.

Alles wat ons skep, is gratis beskikbaar danksy ’n vrygewige gemeenskap van ondersteuners soos jy.

Sluit aan by BibleProject

Alles wat ons skep, is gratis beskikbaar danksy ’n vrygewige gemeenskap van ondersteuners soos jy.